Wednesday, February 23, 2011

Braaivleis, sneeu en meer...








Dis toe nou nie net in Suid-Afrika waar ons braai nie! Sondag-aand het ons groep by Susan, ons Mortenson Centre gasvrou gaan eet. Haar man het hoender, salmon en wors gebraai - en dit was inderdaad baie lekker gewees! Met slaaie, brood en brownies en pound cake vir poeding - mmm, heerlik!

Tog is daar iets van die Amerikaners waarmee ek my net nie kan vereenselwig nie - en dit is weggooibare plastiese bekertjies en papierborde. Kyk, ek drink nie eers wyn uit 'n koeldrankglas nie, so, glo my, dit is inderdaad 'n marteling om dit uit 'n plastiekbekertjie te sluk!

Maandag en Dinsdag het ons 'n werkswinkel gehad waarin ons van verskillende persoonlikheidstyle geleer het. Ek het uitgekom as 'n "influencer" - dit kom daarop neer dat ek hou van mense en dat ek baie optimisties en entoesiasties is en ook daarvan hou om ander te motiveer. Ek is egter baie ongeorganiseerd en sukkel om by deadlines en timelines te bly - met laasgenoemde is hulle in die kol!

Vandag het ons 'n lesing oor projekbestuur gehad en na middag-ete 'n lesing oor copyright - hier het ek nogal geworstel om my oe oop te hou!

Net toe ons begin dink het die lente is hier, toe begin dit gister-oggend liggies te sneeu! Vandag was die eerste dag wat ek werklik baie koud gekry het. More gaan ons Chicago toe - tot Saterdag-middag. Volgens die weather channel kan ons ook daar sneeu verwag.

Ons tydjie in Illinois raak nou min - maar ek sien uit na California volgende week - dit is immers warmer daar...

2 comments:

  1. Haai, die "influencer" en die deurmekaar en nie hou by die deadline is iets wat ons al lankal weet!! Voor die Amerikaners ... Lekker om te lees van al jou wedervaringe. Ons mis jou!

    ReplyDelete
  2. Dis lekker om van al jul wedervaringe te lees - ek wonder net wat het die laaste week gebeur, want jy en Sunete is albei stil!

    ReplyDelete