Tuesday, February 15, 2011

Naweek in Champaign

Onthou julle daardie dag wat die Blou Bulle teen die Cheetahs op Loftus verloor het? Wel hier het ek dieselfde emosies gesien (ek dink selfs erger). Op ons roete na die kampus is die Illinois Assembly Hall. Sondag is hier toe 'n "Mens Basketball game" tussen Illinois en Perdue gespeel. Alhoewel dit 'n "noon game" was, het die karre al van vroeg af opgedaag. Ons het egter later die middag, na die wedstryd, weer hier verby gestap. Dit was behoorlik die teenoorgestelde gesig as wat ons vroeer die oggend gesien het - Illinois het verloor... dit was inderdaad 'n somber prentjie!

Ons sal graag in die tydjie wat ons hier is na 'n wedstryd van een of ander aard wil gaan kyk.

Ons is nou al heel gemaklik met die busroetes en winkelsentrums in die dorp. Die klere hier is vir my baie mooi en meeste is op "special"- party tot soveel as 75% afgemerk! Die parfuum en skoonheidsprodukte is ook heelwat goedkoper as wat ons betaal (wens ek het meer plek in my tas gehad!)

En die mense is regtig baie vriendelik en behulpsaam. Wanneer mens vir rigting aanduidings vra, begin meeste sommer 'n heerlike gesprek met jou!

Sondag-aand het ons by Barbara, die direkteur van die Mortenson sentrum gaan eet. Haar "apartment" is snoesig (veral met die snneu buite) en daar is die mooiste ornamente en muurbehangsels wat sy met haar reise reg oor die wereld bymekaar gemaak het. Hier het ons baie lekker Meksikaanse kos geeet en Suid-Afrikaanse wyn gedrink. Ons het ook genetwerk met van die ander biblioteekpersoneel.

En so kom ons eerste naweek in die grote VSA tot 'n einde. More begin ons program en ek sien baie uit daarna!

Ek maak verskoning vir die gebrek aan foto's - (probleempie met die aflaai, maar sal baie stuur sodra dit uitgesorteer is)

1 comment:

  1. Sjoe ek is bly om te hoor jy's nou veilig in Champaign! Ek was bekommerd oor die stilte en het toe gou gaan loer op Sunette se blog om op datum te bly. Dankie Sunette! Ja sneeu is 'n belewenis, veral na die hitte van Pretoria. Trenton het vir Greg laat weet jy's op pad en hy gaan jou na sy bib. nooi. Stuur vir hom groete asb. Sterkte verder! Erica

    ReplyDelete