Tuesday, February 8, 2011

Voorbereiding...

Dis nou net meer as 2 maande sedert ek gehoor het ek is een van die nege uitverkorenes wat op 'n leerervaring (learning experience) na die VSA gaan. Moet sê, ek dink dit begin nou eers tot my deurdring. Aan die een kant is ek baie opgewonde oor die "avontuur" wat wag, maar, aan die ander kant is ek nogal bietjie bang. Ek weet ek gaan ongelooflik baie leer en soveel plekke sien! Maar ek gaan my mense geweldig mis...


Daarom, is die doel van hierdie blog tweeledig. Eerstens wil ek elke dag se wedervaringe hierop neerpen en soveel van my ervarings met al my vriende en familie deel. Ek wil hê julle moet deel wees van hierdie wonderlike avontuur. Maar, dan is hierdie blog ook my manier om "in touch" te bly en in my eie taal en op my manier te kan praat en gedagtes te kan uitruil. Hier wil ek my emosies deel - as ek lag, wil ek dit saam met julle doen, maar as ek te veel verlang, wil ek hê julle moet dit weet, sodat julle vir my 'n ekstra gebedjie kan opsê...


Ons vertrek Donderdag, 10 Februarie vanaf O R Tambo met 'n direkte vlug na Atlanta. Hiervan sal ek later in meer detail vertel. Intussen is daar nog soveel dinge om te doen. Maar, ek stress nog nie, want daar is nog baie tyd om te pak en dingetjies reg te kry - ek werk mos maar op krisisbestuur!
Op die foto hier langsaan sit ek en Sunette, my kolega, in my kantoor, besig om te werk aan ons aanbieding. Sunette en ek is UP se verteenwoordigers. Sy is die inligtingkundige vir Ingenieurswese.
Nou ja, kyk uit interessante nuus in die volgende paar weke!




3 comments:

  1. Ek hoop jy gaan dit sommer stukke geniet en vir ons baie nuwe idees terugbring

    ReplyDelete
  2. Baie oulike blog - veral die titel!
    Geniet die geleentheid - jy verdien dit.

    ReplyDelete
  3. Ek hoop jy het 'n wonderlike ervaring en bring baie nuwe idees terug!

    ReplyDelete