Monday, March 7, 2011

"Dinner for one, please"

Ek het my eerste werksdag agter die rug hier in Davis. Dit was lekker en ek moet se, my kop voel dof van die inligtingoorlading. Ek het ook vanoggend my "introduction presentation" gelewer - en ek dink dit het goed gegaan. Die mense hier is baie vriendelike en lekker om mee saam te werk. Ek dink ek gaan baie hier leer, maar almal is ook baie belangstellend oor hoe ons dinge doen. Om die waarheid te se, dink ek daar is sekere afdelings waar ons hulle 'n stappie voor is, bv. ons elektroniese tesisse versameling - hulle is nou eers in die begin stadium hiervan.

Davis is 'n baie lekker dorpie, maar ek dink juis omdat dit so 'n lekker plek is, verlang ek meer na my mense. Dit is nou maar net so: ek hou van mense om my!
Vannaand het ek by die Caffe Italia, hier op die hotel perseel gaan eet. Ek moet se, die pasta wat ek geeet het, was heerlik en die wyn baie lekker. Die geselskap was net nie so goed nie (all by myself...)

2 comments:

  1. Ag dis lekker om te hoor dat ons darem wel bietjie voor is met die etds! Jy kan gerus vir my hul info ook versamel of skakels aanstuur. En wat van 'n mandaat vir navorsingsartikels? Praat hul van Open Access en vier hulle dit?

    ReplyDelete
  2. Ek is bly dit het goed gegaan met die aanbieding. Ek geniet jou Blog en dis so lekker om te sien waar jy bly en hoe Davis lyk. Dit voel behoorlik of ons saamstap deur die dorpie.

    ReplyDelete