Saturday, March 5, 2011

Sacramento

Na my uitstappie na die mark, is ek toe met die bus Sacramento toe. Inderdaad elke blaas op my voete werd!

Net om die draai vanaf die stasie, is die Westfield Downtown Plaza. Omdat ek nogal lanklaas in 'n "mall" was (Davis het meer spesialiteitswinkels), het ek hier deur gestap en by Macy's vir my 'n somerstoppie gekoop.








Hiervandaan is ek toe na Sacramento Old Town. Hiernatoe wil ek defnitief weer gaan. Dit is die historiese deel van Sacramento en herinner my nogal aan Pelgrimsrus. Hier is ook baie winkels met 'n historiese tema, soos die "General dealer" en die heerlikste lekkergoed winkels. Hier en daar is ook 'n winkel met aandenkings en "arts & crafts" van die Amerikaanse Rooihuide. Ek het op oulike John Deere ornamente afgekom, en as dit nou nie so swaar was nie, sou ek vir Dries daarvan gekoop het!
Soos wat mens sou verwag, is daar ook baie eetplekke. Dit lyk my ook asof dit die plek is wat die manne met die motorfietse kom besoek op hulle "Breakfast runs", want dit het amper gelyk soos by die Hartebeespoortdam op 'n Sondag-oggend!
Ek het ook langs die "Waterfront" af gestap tot by die groot, geel Tower Bridge.

Daarna is ek na die State Capitol museum. Dit is 'n museum, maar ook die California regering se kantore. Ek het nie hier in gegaan nie, maar wel deur die pragtige tuine gestap. In die tuin was ook nartjiebome, vol oranje nartjies. Al die geboue in Sacramento waar ek verby gestap het, het mooi, netjiese, goedversorgde tuine.
Ek het van hier af nog verder deur die dorp gestap en later 'n koppie koffie en 'n pampoen muffin geeet by 'n klein koffiewinkeltjie. Omdat ek nie heeltemal seker was hoe laat die trein weer na Davis toe sou vertrek nie, en is toe maar terug stasie toe - was toe in elk geval net betyds!

Ek gaan beslis weer hierdie uitstappie Sacramento toe doen. Daar is nog soveel ander plekke en museums wat ek wil besoek - en nou weet ek hoe die treine soontoe werk.

1 comment:

  1. Jy is so dapper om die vreemde so aan te durf - "good for you"! Geniet elke wonderlike uitstappie sommer namens ons ook. Het jy al die Amerikaners se "jeyy beans" probeer? Dit kom in die eienaardigse geure - selfs springmieliebotter!

    ReplyDelete