Sunday, March 13, 2011

St. Patrick's Day Parade















Lyk my hier in die VSA is St. Patrick's Day 'n groot geleentheid. Vandat ons hier aangekom het (en dit is al 'n maand gelede), is daar al groen versierings en spesiale items vir hierdie dag wat op 17 Maart gevier word.

My beplanning was om gister (Saterdag) met die trein San Francisco toe te gaan, maar met die gerugte van tsunamies, het ek besluit om bietjie van my beplanning af te wyk, en is toe weer Sacramento toe. Daar aangekom het ek toe meer na die middel dorp toe gestap en later ook weer deur die rustige tuine by die State Capitol gebou gedrentel.




Later is ek toe weer na Old Sacramento en dis hier waar ek my toe vasloop in die parade. Wat 'n belewenis was dit nie! Ek het my nie slegs verkyk aan die mense met allerande kostuums, verskeie motors (van antiek tot sportmotors) die orkeste en perderuiters wat aan die parade deel geneem het nie, maar ook aan die mense wat hulle ondersteun het! Soveel passie het ek nog nie eens by die Blou Bul ondersteuners waargeneem nie!





Ek het ook lekker rustig in die klein winkeltjies rondgeloop en persentjies vir die mense by die huis gekoop.

Later die middag is ek weer met die trein terug na Davis.

1 comment:

  1. Dit lyk regtig of dit 'n baie jolige byeenkoms was. Net wat 'n mens nodig het om te ontspan, want dit klink vir my jy werk vreeslik hard. Mooi bly en geniet elke oomblik van die nuwe dinge.

    ReplyDelete